Maersk herlei hul roete om die Kaap

Lees ook :

Foto: Maersk

Maersk,die wêreldwye skeepsvervoer- en logistiekmaatskappy, het in samewerking met veiligheidsvennote besluit om Trans-Suez-bedrwyighede deur die Bab el-Mandep-straat, die Straat van Hormuz, voorlopig te staak. Dit volg op die situasie in die Midde-Ooste en militêre konflik wat eskaleer. Tot verdere kennisgewing sal alle bedrywighede op die op die ME11-roete, die Midde-Ooste/Indië na Middellandse See en MECL (Midde-Ooste/Indië na Ooskus van die VSA) om die Kaap die Goeie Hoop herlei word.

Luidens ‘n verklaring van Maersk op Sondag geniet die veiligheid van bemanning, skepe en kliënte se vrag die hoogste prioriteit. “Ons monitor die situasie noukeurig en neem alle nodige stappe om die impak op voorsieningskettings te beperk. Kliënte sal gereeld op hoogte gehou word.” Maersk bied dienste wat houervrag en vragdienste oor seë en internasionale hawens bestuur.

Sodra die situasie stabiliseer en die veiligheid dit weer toelaat, sal die Trans-Suez-roete vir ME11- en MECL-dienste hervat word, aangesien dit die vinnigste, mees volhoubare en doeltreffendste roete is.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief