Brekende Nuus
Afrikaans

Makate weer in hof ná regsbefondser 40% van Vodacom-skikking probeer eis

Nkosana Kenneth Makate weer in hof ná regsbefondser 40% van Vodacom-skikking probeer eis

fotokrediet: Canva
Nkosana Kenneth Makate weer in hof ná regsbefondser 40% van Vodacom-skikking probeer eis fotokrediet: Canva

Nkosana Kenneth Makate, die voormalige intern by Vodacom, wat die idee vir die Please Call Me uitgedink het, het arbitrasie met sy voormalige regsbefondser, Black Rock Mining, verwerp.

Lees ook: Please Call Me-saak buite hof geskik

Errol Elsdon van Black Rock Mining wil 40% van Makate se skikking met Vodacom hê soos daar na bewering in 2011 tot ‘n litigasie befondsingsooreenkoms ingestem is. Makate het gesê die befondsingsooreenkoms is gekanselleer en dat Black Rock geen reg op sy geld het nie, nadat ‘n ander maatskappy oorgeneem het. Makate het beweer sy handtekening is vervals op die nuwe ooreenkoms.

Black Rock wou keer dat Makate toegang kry tot 40% van die skikking, maar die Johannesburg-hooggeregshof het die interdikaansoek afgekeur en gesê daar is geen bewyse dat Makate van plan is om die geld weg te steek nie.

Black Rock het hulle na arbitrasie vir ‘n beslissing op hulle eis gewend, maar Makate het die arbitrasie verwerp. Die prokureur vir Black Rock het gesê hulle gaan “voortgaan met of sonder jou”.

Bronne: My Broadband, Moneyweb, Bulletin

Lees ook: Please Call Me-saak buite hof geskik