Malawiër sterf glo toe hy onwettige elektrisiteit wou koppel

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Malawiese burger is Maandagmiddag in Blackburn deur elektrisiteit doodgeskok terwyl hy glo probeer het om onwettig ’n elektrisiteitsverbinding te maak.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens se beamptes is na die toneel ontbied, nadat ‘n noodoproep van ‘n gemeenskapslid ontvang is. Getuies het gesê dat die man na bewering elektrisiteit van ’n hooflyn na sy woning, sowat 50 meter weg, probeer verbind het, toe die noodlottige voorval plaasgevind het.

Die man is dood verklaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief