Man (67) tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Man (67) is Sondagoggend op ‘n kleinhoewe buite Amalia doodgeskiet.

Lt.kol. Amanda Funani sê volgens inligting het die oorledene en sy vrou van inkopies in Schweizer-Reneke na die kleinhoewe teruggekeer.

Na bewering het hulle die verdagte in hul huis betrap. Die verdagte het glo geld geëis en die oorledene verskeie kere geskiet.

Die verdagte het met twee selfone, ‘n onbekende bedrag kontant en ‘n vuurwapen van die oorledene in sy voertuig gevlug.

Die voertuig van die oorledene is later in Ipelegeng gevind.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie, maar ‘n soektog na die verdagte is geloods.

Die polisie het sake van moord en roof geregistreer.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief