Man bloei glo dood van wond aan sy voet

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

Waarskuwing. Foto kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (36) het Woensdag in Gandhi’s Hill in Tongaat doodgebloei, nadat hy ‘n besering aan sy voet opgedoen het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n Facebook-plasing dié diens is omstreeks 15:15 na ‘n perseel ontbied nadat die man nie meer reageer het nie. Met aankoms is die man op ’n stoel in die erf aangetref, met gevoude arms en sy kop wat na links hang. Daar was bloed aan sy regtervoet en hy het geen teken van lewe getoon nie. Sy bejaarde pa het aan reaksiebeamptes gesê hy het hom omstreeks 13:00 bloeiend by die huis aangetref. Sy seun het glo ‘n wond aan sy voet opgedoen toe hy ‘n hek geskop het Die gesin het self probeer om die wond te behandel.

Die man het aanhou bloei en het sowat twee uur later bewusteloos geraak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief