Man by ‘backpackers’ in Groenpunt doodgesteek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Man (23) is Vrydag omstreeks 11:29 by ‘n blyplek vir rugsaktoeriste in Cavalcadestraat in Groenpunt doodgesteek.

Kapt. Frederick van Wyk sê na bewering het ‘n man (27) en die oorledene ‘n argument in die gesamentlike kombuis gehad, waarna die ouer man die jonger man glo met ‘n kombuismes gesteek het.

Die polisie het op die kombuismes beslag gelê.

Die verdagte man is op die toneel in hegtenis geneem en het gister in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

NuusFlits het kommentaar van die NVG gevra.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief