NOORD-KAAP. – ‘n Man (28) is Woensdagaand omstreeks 21:00 in Newpark, Kimberley, doodgeskiet toe hy en sy vrou (27) by die hek van hulle kompleks wou inry.
Lt.kol. Sergio Kock sê die egpaar het in hulle wit Toyota Hilux-bakkie by die hek stilgehou om in te ry toe ‘n onbekende verdagte hulle genader en verskeie skote na die bakkie geskiet het. Die man is doodgeskiet.
Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.
Enigiemand met inligting oor die insident word gevra om AO Thabang Kamolaneb by 082 302 0407 te bel.





