Brekende Nuus
Afrikaans

Man deur onwettige elektrisiteitskabel doodgeskok

Foto: Reaction Unit South Africa
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (30) is Maandagoggend in Blackburn deur ‘n onwettige elektrisiteitskabel doodgeskok.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is omstreeks 06:00 na die toneel ontbied waar die man se lewelose liggaam op ‘n voetpad aangetref is. Die oorledene se broer het aan reaksiebeamptes gesê hy het aan ‘n draadheining vasgegryp wat geëlektrifiseer is weens ‘n onwettige verbinding.

‘n Stuk hout is gebruik om die oorledene se kontak met die elektriese verbinding te verbreek.