Brekende Nuus
Afrikaans

Man dood in voertuig aangetref – vrou as verdagte in hegtenis

Nadat 'n man Donderdagaand met 'n steekwond dood in 'n voertuig aangetref is, is 'n vrou in hegtenis geneem.

Man dood in voertuig aangetref, vrou vasgetrek
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Man (56) se liggaam is Donderdagaand met ‘n steekwond in sy bolyf in ‘n Toyota Land Cruiser op die R503 in Hartbeesfontein aangetref.

Kapt. Aafje Bothma sê die voertuig se ligte was nog aan. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

‘n Vrou (47) is Vrydag tydens noukeurige ondersoek in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting vandag vir die beweerde moord in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.