Man dood in winkel na bewering van diefstal

Lees ook :

Man dood in Shoprite
Man dood in Shoprite fotokrediet: Canva

Lees ook: Galeshewe-verkragter gaan lewenslank sit

RATANDA, HEIDELBERG. – ’n Man (33) is oorlede na hy glo in ’n koue stoorkamer in ‘Shoprite’n winkel toegesluit is na hy na bewering ’n sjokolade probeer steel het.

Die polisie het gesê twee mans is van diefstal beskuldig en is na bewering agter in die winkel in ‘n stoorkamer toegesluit. Een van die mans het glo tydens toemaaktyd van maagpyn gekla en paramedici is ontbied. Die man is op die toneel dood verklaar. Dit is onbekend wat met die ander man gebeur het.

Volgens IOL het die winkel in ‘n verklaring belowe hulle sal hulle samewerking vir die polisie met hulle ondersoek na die voorval gee. Woedende Ratanda-inwoners het gesê hulle gaan buite die winkel betoog.

Bronne: IOL, eNCA, EWN

Lees ook: Galeshewe-verkragter gaan lewenslank sit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief