Lees ook: Baba in sak naby treinspoor gekry
HAMANGILASI, POLOKWANE. – ’n Man (30) is gister in Hamangilasi dood na die gemeenskap hom glo aangeval het.
Die man het na bewering die selfoon van ’n leerling gesteel. Die leerling het glo om hulp geskree, waarna die gemeenskap die man gejaag en aangerand het. Toe hulle die polisie opmerk, het hulle gevlug.
Die man is op die toneel dood verklaar. Hy is as Mukwevho Thomas geïdentifiseer .
Die polisie ondersoek die moord en het die aanval veroordeel.
Bronne: SAPS
Lees ook: Baba in sak naby treinspoor gekry





