Man dood weens ontploffing

Lees ook :

Man dood weens ontploffing
Man dood weens ontploffing fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

MIDDELBURG. – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Mpumalanga het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om hul veiligheid eerste te stel en nie betrokke te raak by aktiwiteite wat hul lewens in gevaar kan stel nie. Hierdie pleidooi volg na ‘n man Donderdagmiddag 26 September 2024 in Mhluzi naby Middelburg weens ‘n ontploffing gesterf het.

Die voorval word nog ondersoek, maar voorlopige inligting dui daarop dat die oorledene, wie se identiteit nog bevestig moet word, ‘n sak met vermoedelik plofstof en ander items gedra het. ‘n Ontploffing het plaasgevind, wat tot ernstige beserings en sy dood gelei het.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, Maj. Genl. (Dr.) Zeph Mkhwanazi, het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om enige verdagte voorwerpe onmiddellik by die polisie aan te meld eerder as om hulself in gevaar te stel.

Bronne: SAPD

Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App