KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n onbekende man, met ‘n skietwond in sy kop, is Sondagoggend deur ‘n verbyganger in Old Main Road in Verulam ontdek.
Reaction Unit South Africa sê die liggaam is omstreeks 06:30 by ‘n oefenplek vir bestuurders wat lisensies moet kry, aangetref. Rusa is dadelik vir hulp ontbied.
Die motief vir die moord is onbekend.





