KWAZULU-NATAL. – ‘n Slagoffer in sy 50’s het vanoggend in wat vermoedelik ‘n kaping was, in Archstone Phoenix, aan skietwonde gesterf.
KZN VIP Protection Services het plasings vir hulp op sosiale media gesien. Omstreeks 07:20 is reaksiespanne na ‘n toneel waar ‘n persoon geskiet is en in die pad gelê het. ‘n Ambulans is dadelik ontbied. Pogings om die man te stabiliseer, was onsuksesvol en hy is dood verklaar.
Die oorledene se wit Toyota Corolla is later verlate in Inanda, Newtown C-area, gevind waar dit gelos is ‘n Vuurwapen is glo ook gesteel.
Na bewering was die oorledene van sy huis na sy werk onderweg toe die verdagtes hom genader, geskiet en daarna met die voertuig en waardevolle items gevlug het.
Die polisie en ander nooddienste was op die toneel.





