Man glo met televisiestel doodgeslaan

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South African

HAZELMERE, KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, se liggaam is Sondagoggend omstreeks 07:15 in ‘n voetpaadjie aangetref. Hy is glo met ‘n televisiestel doodgeslaan.

Reaction Unit South African sê hulle hulp is ontbied, waarna die man se liggaam, met beserings deur ‘n stomp voorwerp toegedien, aan sy kop, en veelvuldige snywonde aan sy gesig, gevind is. Gebreekte glas met bloedvlekke op, afkomstig van ‘n televisiestel wat glo reeds vir maande in die voetpaadjie lê, is op die toneel gevind.

Rusa sê die oorledene is as ‘n plaaslike inwoner geïdentifiseer wat Saterdag laas glo by ‘n plaaslike drinkplek gesien is.

Die motief vir die moord is nie bekend nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief