Man glo oor dood van honde doodgeslaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Alwyn Petrus van Heerden (52), Simane Abram Khunou (56) en Amenti Moriri (45) is in hegtenis geneem nadat hulle glo vir Moses Itumeleng Tladi (30) doodgeslaan het. Tladi is glo eers deur Khunou aangerand en daarna doodgeslaan omdat hy na bewering Van Heerden se klein hondjies doodgemaak het.

Lt.kol. Sam Tselanyane sê aan Nuusflits die polisie het op ‘n klagte van aanranding op die plaas Rietdraai gereageer. By die werkers se kamers is ‘n lewelose man aangetref. Khunou het vir die polisie gesê die oorledene het hom en sy meisie aangeval waar hulle in ‘n kamer geslaap het. Khunou het glo terugbaklei, waarna sy seun in die aangrensende kamer wakker geword het en sy pa met ‘n plastieksambok te hulp gesnel het. Die oorledene het glo ook Khunou se meisie aan die pols gebyt. Tladi is uit die kamer gestoot, waarna hy geval en daarna verder aangerand is.

Na bewering het Van Heerden en nog boere van die omgewing opgedaag en Tladi van die dood van twee honde beskuldig. Die aanranding het voortgeduur, waartydens Tladi vasgebind en geskop is. Tladi is halfnaak met beserings aan sy kop en oor sy lyf aangetref, met sy voete en hande vasgebind.

Van Heerden en Khunou is dieselfde dag van die voorval in hegtenis geneem, waarna Amenti Moriri (45) die volgende dag gearresteer is.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief