Man glo op kleinhoewe in rug geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Dave Roberts is glo Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ‘n aanval op ‘n kleinhoewe in Kaalfontein, Rayton, in die rug geskiet.

Volgens ‘n plasing van ‘n persoon wat ongeveer 5 km van die misdaadtoneel bly, op die Facebook-blad Farm Murders in South Africa is a Reality, is Roberts ‘n plaaswag-seksieleier. Hy is ná die voorval in die intensiewe eenheid van ‘n hospitaal opgeneem. Sy vrou is met kanker aan ‘n rolstoel gebonde. Niks van waarde is glo tydens die aanval gesteel nie.

Kapt. Tintswalo Sibeko sê aan Nuusflits Cullinan-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof nadat die slagoffer (71) deur twee onbekende mans geskiet is. ’n Televisie en ’n selfoon is tydens die voorval gesteel, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het. Die slagoffer ontvang tans mediese behandeling in die hospitaal.

“Geen arrestasies is nog gemaak nie en die ondersoek duur voort,” het kapt. Tintswalo Sibeko gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief