Man in arres wat hulp vra vir vrou in plas bloed

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (29) is in hegtenis geeneem nadat hy Woensdag by Bothaville-polisiestasie vir hulp gevra het vir sy vrou (28) wat in ‘n plas bloed lê.

Sers. Mahlomola Kareli sê die man het omstreeks 16:20 by die polisiestasie aangekom. Hy het hulp gevra en aangedui sy vrou lê naby die Mezwinking- informele nedersetting in ‘n plas bloed. Die polisie het hulle na die toneel gehaas en die vrou met steekwonde aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

Voorlopige ondersoek het tot die inhegtenisneming van die man gelei. Hy sal binnekort op ‘n aanklag van moord in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief