Man in bakkie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Woensdagaand net na 19:30 in sy voertuig in Shelbournerylaan in La Lucia doodgeskiet.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was verskeie rolspelers reeds teenwoordig en die toneel afgesper. Paramedici is na ‘n bakkie met koeëlgate aan die voorkant en in die voorste deur, geneem. Die bestuurder van die bakkie het verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad en is op die toneel dood verklaar.

Die motief van die insident is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Foto: KZN VIP Protection Services

KZN VIP Protection Services sê die diens se reaksiebeamptes is na die toneel van die verbyryskietery ontbied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief