Man in hegtenis ná dwelms glo in geskenkboeke gevind is

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ’n Man (41) is Saterdag langs die N4 by Kaapmuiden in hegtenis geneem nadat die polisie glo kristalmetamfetamien (tik) in sy besit gevind het. Die dwelmmiddels was in twee boeke versteek wat in geskenkpapier toegedraai was.

Volgens polisiewoordvoerder lt.kol. Jabu Ndubane was ‘n beampte besig met roetinepatrollie toe inligting oor ‘n verdagte persoon langs die pad ontvang is. Die beampte het die man genader en sy sak deursoek, waartydens op die toegedraaide boeke afgekom is. Binne-in die boeke is ‘n wit saamgeperste stof gevind.

Die man het glo ontken dat hy weet watter stof dit is en beweer dat iemand dit aan hom gegee het. Hy het verder gesê hy is haweloos en dat hy opdrag gekry het om die pakkie na Mosambiek te neem en daarna na Brasilië te reis. Toetse het die polisie se vermoedens bevestig: die stof is geïdentifiseer as kristalmetamfetamien met ’n massa van 1.455 kg en ’n geraamde straatwaarde van sowat R350 000.

Die man is in hegtenis geneem en sal Maandag op ‘n aanklag van dwelmbesit in die Barberton-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief