Brekende Nuus
Nuus

Man in hegtenis ná kunstenaar se dood in Riebeek-Wes

Foto: Tamlin Blake

WES-KAAP. – ’n Man (32) is in hegtenis geneem nadat die plaaslike kunstenaar, Tamlin Blake (51), Sondagmiddag by haar huis in Kerkstraat, Riebeek-Wes, dood onder ‘n bebloede mat aangetref is. Sy is glo met ‘n skerp voorwerp oor die kop geslaan. Huldeblyke stroom vir die geliefde kunstenaar in.

Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits polisiebeamptes was omstreeks 15:30 op die toneel, waar mediese personeel Blake dood verklaar het. Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is. Volgens Mpendukana is die motief onbekend en ondersoek die polisie die omstandighede rondom Blake se dood.

In ’n sosialemediaplasing op 20 September het Blake vertel hoe sy tydens ’n reis na Italië ure lank in Katolieke kerke en museums na reliekhouers gesoek het. Sy het geskryf dat dié versierde houers, waarin stukkies been, hare en kledingstukke van heiliges en ander godsdiensfigure bewaar word, haar tegelyk gefassineer en ongemaklik laat voel het. Dit het haar laat nadink oor lewe, dood en die idee van ’n onsterflike siel. Sy het gewonder hoe die mense gesterf het.

“On a recent trip to Italy I found myself seeking out the strange and otherworldly and spent hours looking for, and finding, a large collection of reliquaries in the Catholic churches and museums. I was equally fascinated and discomforted by the fact that these ornate sculptural objects hold actual pieces of bones, hair and clothing associated with saints and prominent religious figures – on a more morbid note I couldn’t help wondering how these people had died.

The objects housing these relics are masterworks of Renaissance and Baroque goldsmithing. They include precious silver and gold caskets, busts, and shrines decorated with angels and gemstones, completely over the top in terms of decoration. What they do achieve is to make one think deeply about the notion of life and death and the notion of an immortal soul. Image details: Reliquary of Saint Felician, Reliquary of Saint Louis of Toulouse.

In preparation for “After the Sky” – A creative collaboration between Tamlin Blake & Kobus Moolman 2026 Solo Studios“