Lees ook: 17 mense doodgeskiet in Lusikisiki
CHRISTIANA. – ’n Man (40) is op Christiana in hegtenis geneem vir die moord op sy voormalige meisie se kêrel.
Die verdagte is glo na sy voormalige meisie se woning in die Utlwanang-township waar hy haar saam met die slagoffer (31) gesien het. ‘n Bakleiery het uitgebreek, waartydens hy glo die slagoffer doodgesteek en by bosse ingesleep het. Die verdagte het glo daarna die slagoffer se liggaam opgekap, sy geslagsdele afgesny en die liggaam in die rivier gegooi.
‘n Saak van ‘n vermiste persoon is deur die meisie aangemeld. Die polisie het reageer op inligting dat die verdagte ’n kruiwa na die rivier gestoot het en die omstandighede ondersoek. Polisieduikers kon Donderdag dele van die slagoffer se liggaam in die rivier kry. Nog liggaamsdele is Vrydag gevind.
Die verdagte sal môre in die Christiana-landdroshof op aanklag van moord voorkom.
Bronne: SAPD
Lees ook: 17 mense doodgeskiet in Lusikisiki