Lees ook: Banke kry glo triljoene deur beweerde manipulasie van die rand
SESHEGO, POLOKWANE. – ’n Man (36) is in hegtenis geneem na hy Vrydag glo ’n man met ’n panga in Seshego doodgeslaan het.
‘n Slagoffer (29) het glo in die straat geloop toe die verdagte hom nader en verskeie kere met ’n panga geslaan het. Die verdagte het gevlug, waarna hy by sy huis in hegtenis geneem is. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.
‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek. Die rede vir die moord is nog nie bekend nie.
Die verdagte sal Maandag in die Seshego-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Banke kry glo triljoene deur beweerde manipulasie van die rand