KWAZULU-NATAL. – Snenhlanhla Myeza het in die Pinetown-landdroshof verskyn in verband met ’n skietery vroeg in Oktober in die Pinetown-omgewing. ‘n Dashcam-video van die voorval het destyds op verskeie aanlyn platforms verskyn. Die saak is tot 3 November uitgestel.
Natasha Ramkisson-Kara, NVG-streekwoordvoerder, sê Myeza staan tereg op vier aanklagte van poging tot moord, poging tot roof, moord op sy beweerde medepligtige, asook twee aanklagte elk van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
Die saak is vir ’n formele borgaansoek uitgestel. Die staat staan die toestaan van borgtog teen.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: