Man in verband met plaasroof in Normandien in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte (29) is deur die Normandien-polisie in hegtenis geneem in verband met ’n plaasroof waartydens ‘n vrou (56), haar seun en kleinkind glo op 10 Oktober in hulle plaaswoning van hulle besittings beroof is.

Kapt. Ntathu Ndlovu, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die slagoffers het van hulle buurman af teruggekom en twee vermomde verdagtes aangetref. Terwyl die verdagtes die slagoffers met ‘n vuurwapen gedreig het, is hulle van twee vuurwapens, drie selfone en juweliersware beroof. Die verdagtes het daarna met die slagoffers se voertuig weggery.

‘n Verdagte is intussen vasgetrek het het Vrydag 17 Oktober in die Newcastle-landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief