MANDENI, KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is kritiek beseer toe hy Sondagoggend teen ‘n wal af, in ‘n rivier beland het.
Samantha Meyrick sê IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue is na die toneel op die N2 ontbied.
Die man is gestabiliseer voordat hy na die padoppervlak gedra is. ‘n Wagtende ambulans het hom na ‘n mediese fasiliteit vervoer.







