Man kry 10 jaar tronkstraf ná 4 dae van geweld

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Royal Luthando Witbooi (20) is deur die Springbok-streekhof tot 10 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis nadat ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan is. Hy is skuldig bevind op twee aanklagte van roof, twee van roof met verswarende omstandighede en een aanklag van verset teen inhegtenisneming.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die vonnis volg ná vier dae van gewelddadige misdade tussen 8 en 11 Mei 2024 in Bergsig, waar Witbooi verskeie slagoffers geteiken het. Onder die slagoffers was onder meer ’n 10-jarige kind en ’n 69-jarige pensioenaris. Die hof het bevind dat hy verskeie lede van die gemeenskap aangerand en beroof het en dat hy ’n polisielid met ’n panga aangeval het toe beamptes hom probeer aankeer het.

Op 8 Mei 2024 is ‘n volwassene beroof en met ‘n klip geslaan, op 9 Mei 2024 is ‘n 10-jarige in die maag geskop en ‘n selfoon van die kind se ouma gesteel, op 10 Mei 2024 is ‘n 69-jarige pensioenaris met ‘n klip aangerand en ‘n selfoon geroof en op 11 Mei 2024 het Witbooi saam met ‘n medebeskuldigde nog ‘n klaer geskop en met klippe aangerand voordat hy van geld beroof is.

Witbooi is vir elke aanklag gevonnis, maar dit sal gelyktydig uitgedien word, wat in totaal 10 jaar is. Die hof het afwyking van die minimum vonnisregulasies toegelaat op grond van sy ouderdom, impulsiewe optrede en die feit dat hy ’n eerste oortreder is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief