‘n Man het ‘n hartaanval gekry nadat hy Sondagaand 30 April 2023 tydens ‘n beweerde huisroof in Ladysmith, KwaZulu-Natal aangerand is.
Toe ER24-paramedici kort na 21:00 op die toneel aankom, was ‘n familielid reeds besig om KPR op die man toe te pas.
Paramedici het voortgegaan met KPR, maar ongelukkig, ten spyte van die beste pogings van alle betrokkenes, is die man kort daarna dood verklaar. Vier ander familielede is vir geringe beserings en skok op die toneel behandel.
Die presiese omstandighede van die voorval is nie bekend nie. Polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





