Lees ook: Verdagtes vir gewapende roof in hegtenis geneem
MTHATHA. – ‘n Man (23) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die roof en verkragting van sy buurvrou (84) op Mthatha.
Die gevonnisde het op 6 Mei 2023 aan die vrou se deur geklop en gesê hy is haar seun. Sy het geweet dis nie haar seun nie en het geweier om oop te maak. Hy het die deur oopgeskop en R2 000 geëis van die vrou wat pas haar maandelikse pensioen ontvang het.
Die vrou het gesê sy het net R500 oor en het dit vir hom gegee. Hy het gesê dis te min, sy moet die res met seks betaal. Hy het haar daarop verkrag en gevlug.
Die vrou kon met haar bure se hulp die man in die hande kry. Hy is in hegtenis geneem en sy is na Sinawe Thuthuzela-sentrum geneem vir behandeling.
Die man is skuldig bevind ondanks die feit dat hy onskuldig geplei het.
Bronne: SAPD





