Lees ook: Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af
LIMPOPO. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir ’n gewapende roof by ’n geldleenbesigheid.
Die polisie is vanoggend vroeg ontbied oor ’n gewapende roof by die Lebowakgomo Mall. By hulle aankoms het die verdagtes op hulle begin skiet.
Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen gebruik om die plafon te breek om wegkruipplek te kry. Die polisie het ingegaan en die twee verdagtes is in hegtenis geneem. Een verdagte was beseer en is na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.
Beide verdagtes is in aanhouding en sal aangekla word van gewapende roof, poging tot moord, kwaadwillige skade aan eiendom en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die verdagtes sal binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Thabo Bester dreig om MultiChoice te dagvaar oor dokumentêr





