OOS-KAAP. – Lungisa Xhwegwa (41) is Saterdagmiddag omstreeks 13:15 buite sy huis in Cranwell-rylaan, in Humewood, doodgegskiet toe hy glo na buite gelok is.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê speurders vra die publiek hulp met inligting om die verdagte te arresteer. Na bewering was Xhwegwa saam met ‘n familielid in die kombuis besig toe daar aan die deur geklop is. Die deur is oopgemaak, waarna die verdagte vir Xhwegwa gevra het om buite te gaan praat. Xhwegwa is na buite waar die verdagte ‘n vuurwapen te voorskyn gebring het en hom in die bors geskiet het. Hy het probeer vlug, maar die verdagte het hom gevolg en nog drie keer geskiet. Xhwegwa het op die toneel gesterf.
Die motief vir die moord is tans nog onbekend, maar die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting word gevra om speur. sers. Rudwaan Baatjies by 073 130 3018 te bel.

