KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het Donderdagmiddag oorleef toe hy ongeveer 40 m ver van ‘n krans afgeval het.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue het op ‘n noodoproep van ‘n toeristebestemming in Umgeni reageer, na ‘n werknemer geval het en na, wat as ‘n wonderwerk beskryf word, op sy eie na veiligheid gestap het om hulp te kry.
Die werknemer, ‘n tuinier, het ernstige kopbeserings opgedoen en is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici versorg.





