Man op aanklag van swanger vrou se moord in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (32) is op aanklag dat hy sy vrou (29), wat ses maande swanger was, Dinsdag vermoor het, gearresteer en het in die hof verskyn.

Adj.off. Mmako Mophiring sê die Phuthaditjhaba-polisie is omstreeks 15:50 deur die verdagte na ‘n moordklagte in Qwaqwa ontbied. Die verdagte is na bewering onder invloed van alkohol aangetref en die liggaam van ‘n vrou met kneusmerke aan haar nek en bloeding by haar neus is in die slaapkamer aangetref. Daar is ontdek die vrou is ongeveer ses maande swanger. Sy is deur nooddienste dood verklaar.

Terwyl die ondersoek voortgegaan het, is die verdagte Woensdag vir ondervraging na die polisiestasie geneem, waarna hy gearresteer is en Donderdag op aanklag van moord in die hof verskyn het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief