VRYSTAAT. – ‘n Man (32) is op aanklag dat hy sy vrou (29), wat ses maande swanger was, Dinsdag vermoor het, gearresteer en het in die hof verskyn.
Adj.off. Mmako Mophiring sê die Phuthaditjhaba-polisie is omstreeks 15:50 deur die verdagte na ‘n moordklagte in Qwaqwa ontbied. Die verdagte is na bewering onder invloed van alkohol aangetref en die liggaam van ‘n vrou met kneusmerke aan haar nek en bloeding by haar neus is in die slaapkamer aangetref. Daar is ontdek die vrou is ongeveer ses maande swanger. Sy is deur nooddienste dood verklaar.
Terwyl die ondersoek voortgegaan het, is die verdagte Woensdag vir ondervraging na die polisiestasie geneem, waarna hy gearresteer is en Donderdag op aanklag van moord in die hof verskyn het.