Man op wildsplaas ‘ontvoer’ steeds soek – drie verdagtes vasgetrek

'n Man wat saam met sy jagtersvriende op 'n luukse wildsplaas gaan kamp en jag het, het verdwyn. Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem....

Foto's: Booking.com

LIMPOPO. – Maduvula Norman Hlatswayo (51) het na bewering op 12 Januarie op die luukse AM Lodge private wildsplaas in Hoedspruit verdwyn nadat hy en jagtersvriende glo deur wildbewaarders gevang is.

Kol. Malesela Ledwaba sê drie verdagtes tussen die ouderdom van 37 en 45 jaar is in verband met die beweerde ontvoering in hegtenis geneem.

Hlatswayo en twee van sy vriende het glo op 10 Januarie op die wildsplaas gaan kamp met die doel om te jag. Op 12 Januarie, omstreeks 11:00, is die trio na bewering deur wildbewaarders opgemerk wat geweerskote afgevuur en hulle gevang het. Nadat twee van die vriende vrygelaat is, het Hlatswayo glo verdwyn.

Volgens Ledwaba is die voorval later by die polisie aangemeld, waarna ‘n soektog die Woensdag geloods is, maar Hlatswayo kon nie opgespoor word nie. Die Donderdag is drie verdagtes in hegtenis geneem en van beweerde ontvoering aangekla. Die drie verdagtes verskyn vandag in die Hoedspruit-landdroshof.

Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om die ondersoekbeampe sers. Witness Mashele by 081 446 014 te bel.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Ontdekking van vrou se liggaam skok Noord-Kaapse dorp

Ketelmaker dood by Impala-myn in Rustenburg

Banyana Banyana se afrigter kry eersdaags ’n eredoktorsgraad

Vies inwoners brand sewe klaskamers af

Kyk: Tien sterf toe Maleisiese helikopters bots

Skoliere beseer toe minibustaxi se remme glo faal

Powerball uitslae vir 23 April 2024

Ontbinde liggame van mense en diere in huis ontdek

Bejaarde deur vermeende koperdief beseer

Man doodgeskiet toe polisie reageer op klagte van huishoudelike geweld

Polisie-opleier wat glo verkrag aangehou

Kaapstad verseker daar word gelees

Ambulans gebrand – protesteer binne wet, vra owerhede

Ondersoek ná video van motorfietsongelukstoneel versprei word

ANC confirms tax hikes and changes to fund NHI – DA

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke