Brekende Nuus
Nuus

Beweerde Madlanga-vlugteling op lughawe vasgetrek

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ’n 49-jarige man is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem kort voordat hy aan boord van ’n internasionale vlug sou gaan. Hy is in hegtenis geneem omdat hy na bewering versuim het om voor die Madlanga-kommissie van ondersoek te verskyn.

Brig.genl. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die kommissie se taakspan vir aanbevelings (CRTT) het die man in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vanoggend (Vrydag) in die Pretoriase landdroshof verskyn.