Gerhard van der Merwe (43) word sedert 23 Junie 2024 gesoek en is as ‘n vermiste persoon by Westernberg-polisie aangemeld.
Hy is laas in die Polokwane-area in Limpopo opgemerk. Hy was in ‘n blou denimbroek, ‘n grys hoodie en grys seilskoene geklee.
Van der Merwe is 1.95 m lank en weeg ongeveer 95 kg. Hy het bruin oë en dra ‘n bril.
Op sy skouer is ‘n verbleikte tatoe: RH. Hy ry met ‘n wit Nissan Almera met registrasienommer BNG 215 L.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, bel Missing Minors The Pink Lady Organization by 072 214 7439, Missing Children SA by 072 647 7464, of sers. TT Mashele van Westernberg-polisie by 079 890 6087.





