OOS-KAAP. – ‘n Man (44) se liggaam is Saterdagaand in ‘n voertuig in ‘n parkeerarea van ‘n inkopiesentrum in Humerail, Humewood, ontdek.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê polisielede het omstreeks 22:09 op ‘n klagte van ‘n skietery by die sentrum reageer. Volgens Janse van Rensburg is ‘n VW Polo waarvan die bestuurderskant se voor- agterruit gebreek was gevind. Die liggaam van ‘n man met verskeie skietwonde was in die bestuurdersitplek.
Die motief vir die misdaad is onbekend. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en vra enigiemand met inligting om Humewood-polisiestasie by 082 779 7174 te bel.
Janse van Rensburg sê sodra die oorledene se familie van sy dood in kennis gestel is, sal sy identiteit bekend gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





