Lees ook: Apokke-gevalle styg tot 13, entstof in SA
PIENAAR, NELSPRUIT. ’n Onbekende man se verbrande liggaam is op die Maphakama-sportterrein in Pienaar gevind.
Die polisie het die man se liggaam Maandag op die sportterrein gevind na hulle inligting daaroor ontvang het. Die slagoffer se identiteit is onbekend omdat sy liggaam onherkenbaar verbrand is. Dit is moontlik dat hy tussen 25 en 27 jaar oud was.
Die rede vir die moord word ondersoek en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPD





