Man sterf ná ongeluk – polisiebeamptes vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Drie polisiebeampes, tussen 32 en 35, is Maandag in verband met die dood van ’n 33-jarige man ná ’n motorongeluk in Embalenhle op 17 Augustus, in hegtenis geneem.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die beamptes word deur aanklagte van moord en regsverydeling in die gesig gestaar. Dit volg nadat bewerings na vore gekom het dat die man ná die botsing aangerand is, wat moontlik tot sy dood kon bygedra het.

Die drie verdagtes het vandag (Dinsdag) in die Evander-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris, het beklemtoon dat die polisie se verbintenis tot integriteit en aanspreeklikheid standvastig bly. “Hierdie inhegtenisneming demonstreer ons verbintenis om die naam van die polisie te verdedig. Niemand is bo die wet nie, en die gemeenskap kan gerus wees dat die reg sy loop sal neem.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief