VIЁTNAM. – Die tropiese storm Kajiki het Viëtnam gister met swaar reën, oorstromings en sterk winde getref. Drie mense is in die storm oorlede en sowat 13 is beseer. Die storm is aanvanklik as ’n tifoon geklassifiseer, maar het deur die dag verswak.
Lees ook: Verskeie provinsies oor brandgevaar gewaarsku
Waarskuwings is vir flitsvloede en grondverskuiwings, wat moontlik deur die swaar reën veroorsaak kan word, uitgereik.
Owerhede het lughawens en skole gesluit en sowat 44 000 mense ontruim wat in laagliggende gemeenskappe naby die kus woon. Volgens die regering is 7 000 huise, 28 000 hektaar rysvelde en 18 000 bome in die storm beskadig.
Nog reën word vir Viëtnam, asook vir Laos en Thailand, voorspel.
Bronne: DW – South Africa, CNN, BBC





