Man sterf toe motor van brug af in rivier beland

Lees ook :

Foto: IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (37) het Dinsdag gesterf toe sy motor van die Umzinto-brug op die N2 gery en in die rivier beland het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is na ‘n toneel waar ‘n voertuig oor ‘n brug gestort het.

“Met paramedici se aankoms is vasgestel die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig het beheer verloor, van die brug af gery en onder in die rivier beland het.”

Meyrick sê die man het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Paramedici en vrywilligers van IPSS Search and Rescue het die SAPD se soek-enreddingspan bygestaan ​​om die man se liggaam uit te haal en aan die SAPD te oorhandig. Ons betuig meegevoel met die vriende en familie van die oorledene.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief