Man sterf tydens ‘huisroof’, nog een kritiek

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is vroegoggend (Donderdag) op ‘n beweerde huisrooftoneel in Silverglenrylaan in Chatsworth, suid van Durban, doodgeskiet. Nog ‘n man is in ‘n kritieke toestand aangetref.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die polisie was met paramedici se aankoms op die toneel reeds teenwoordig. Twee persone met skietwonde is aangetref. ‘n Man, vermoedelik in sy 40’s, het ‘n noodlottige skietwond in sy bors opgedoen en is dood verklaar. Nog ‘n man, vermoedelik in sy 60’s, in ‘n kritieke toestand met ‘n skietwond in sy onderlyf, is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal gehaas is.

Die omstandighede wat tot die skietery gelei het, is onduidelik. Die polisie ondersoek die insident.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief