Man sterf tydens skietery by hof

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

WES-KAAP. – Een persoon het gesterf toe ‘n skietery vroeër buite die Wynberg-landdroshof uitgebreek het.

Yusuf Abramjee, van Crime Watch, sê verdagtes het uit ‘n wit Toyota Quantum-bussie gespring en lukraak geskiet. Die oorledene is getref en het aan sy beserings gesterf.

Abramjee sê die motief kan moontlik bendeverwant wees.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n moordsaak word ondersoek. Die oorledene het skietwonde opgedoen en is deur nooddienste op die toneel dood verklaar. Die motief vir die insident is deel van die ondersoek en arrestasies moet nog gemaak word.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief