KWAZULU-NATAL. ‘n Man het vanoggend (Woensdag) tydens ‘n verbyryskietery gesterf voordat sy voertuig ‘n boom in Jabu Ngcobostraat in Waterloo getref het.
Reaction Unit South Africa (Rusa), sê in ‘n sosialemediaplasing die opeasionele sentrum is kort voor 07:00 gekontak. Reaksiebeamptes het hulle dadelik na die toneel gehaas en ‘n VW Polo oortrek met koeëlgate teen ‘n boom, en die motorbestuurder vooroor in sy sitplek, aangetref. Rusa sê die bestuurder het verskeie skietwonde opgedoen het voordat paramedici op die toneel kon kom, gesterf. Die skieters het glo in ‘n Isuzu-bakkie van die toneel gevlug, maar die inligting kon nog nie deur Rusa bevestig word nie.
Die oorledene, wat vermoedelik aan die taxi-industrie verwant is, se identiteit is reeds vasgestel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





