Man sterf wat tussen bakkie en vragmotor vasgekeer is

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het Dinsdagmiddag gesterf toe hy tussen sy gebreekte bakkie wat hy probeer herstel het en ‘n vragmotor vasgepen is. Die vragmotor het op die R102 en Vincent Dickensonstraat-verkeersligte in Canelands omgeslaan.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het reageer nadat oproepe vir hulp ontvang is. Die Mercedes-Benz-vragmotor het op sy sy bo-op die man se Toyota Hilux-bakkie te lande gekom en die man was vasgepen. Die bestuurder van die vragmotor, ‘n Swaziland-burger, het nie beserings opgedoen nie.

Na bewering was die vragmotor van Verulam in die rigting van Tongaat op pad toe sy remme gefaal het. Die bestuurder het probeer om van die pad af te swenk, maar het in die stilstaande bakkie vasgery nadat dit eers ‘n Toyota Fortuner getref het.

Rusa sê drie laebed-insleepvragmotors is gebruik om die vragmotor te lig, sodat die man verwyder kon word. Hy het beserings aan die kop, gesig en borskas opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief