Man val sewe meter ver van dak af

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het ‘n kort ruk gelede ernstig seergekry nadat hy van ‘n dak van ‘n tweeverdiepinghuis in Tongaat geval het.

IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue in Tongaat het hulle na die toneel gehaas. Daar is vasgestel die man was besig om die dak van die huis skoon te maak toe hy sy balans verloor en sewe meter grond toe geval het. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling onder toesig van IPSS Medical Rescue se lewensondersteunende paramedici na ‘n hospitaal geneem is.

IPSS Search and Rescue in Tongaat is vir bystand op die toneel bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief