Lees ook: Vyf mense by Kersmark in Duitsland dood in aanval
NEW ORLEANS, VSA. – Minstens 10 mense is dood en 36 beseer toe ’n man ’n skare op Nuwejaarsdag in New Orleans aangeval het.
Die man het met ’n SUV in ’n skare ingeploeg, uitgeklim en op die mense en polisie begin skiet. Hy is deur die polisie doodgeskiet.
Daar is ook ’n ploftoestel op die toneel gevind. Die FBI is besig om die voorval te ondersoek. Daar is tot dusver geen motief vir die aanval nie.
Bronne: The Mirror, The Citizen, BBC