Man vandag vir ‘moord’ in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Man (64) is op aanklag van moord gearresteer, nadat Jan van der Ross (49) Sondagmiddag in Blanco, George, met ‘n skietwond in die kop gesterf het.

Sers. Christopher Spies sê die verdagte is vinnig met vennootskappolisiëring in hegtenis geneem. Die polisie is omstreeks 16:50 na ‘n insident ontbied waar ‘n man in die kop geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar. Daar is rapporteer ‘n gewapende verdagte het met sy motor van die toneel gevlug. Die voertuig is op die N9 opgemerk nadat inligting op sosialemediaplatforms gedeel is. Die verdagte in sy voertuig is op Graaff-Reinet tot stilstand gebring.

Die bestuurder is gearresteer en ‘n gelisensieerde vuurwapen in sy besit is gekonfiskeer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief