Man vas wat homself glo as staatsveiligheidsagent voordoen

Lees ook :

Foto's: Valke

GAUTENG. – ‘n Man (41) wat homself glo as ‘n staatsveiligheidsagent (SSA) voorgedoen het en by ’n woongebied in Silverlake opgetree het, is Woensdag in hegtenis geneem.

Volgens kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, het lede inligting ontvang oor die verdagte wat homself voordoen as ‘n staatsveiligheidsagent en glo ook vuurwapens in sy besit het. Boonop het hy glo sake-eienaars in die Pretoria-omgewing gedreig en afgepers. ’n Deursoekings- en beslagleggingslasbrief is bekom en uitgevoer, waarna twee SSA-verwante aanstellingskaarte tydens die operasie gevind is. Verdere ondersoek het ook bewerings van afpersing aan die lig gebring.

Die ondersoek duur voort en die verdagte sal na verwagting binnekort, sodra hy formeel aangekla is, in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief