Man veg om sy lewe nadat hy teen vuur veg

Lees ook :

HERTZOGVILLE. – ’n Jong boer, Tewei Nel (28), van hier het ernstige brandwonde opgedoen toe hy probeer het om die brand onder beheer te kry.

Deur die vlamme gehardloop

Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê die brand het na bewering uitgebreek as gevolg van ’n betoging tussen Hertzogville en Christiana. Die brand het Sondag na Nel-hulle se plaas versprei. Nel het Dinsdag ingespring en vir ‘n lang tyd gesukkel om die brand in bedwang te bring. Na ’n wind wat skielik opgesteek het, het die vlamme rondom Nel versprei. Hy het probeer ontsnap en moes deur die vlamme hardloop.

Derde- en tweedegraadse brandwonde

Volgens OFM is Nel in die hoësorgeenheid van Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem . Hy word vir derde- en tweedegraadse brandwonde oor 40% van sy liggaam behandel. Nel het baie rook ingeasem en is aan ‘n ventilator gekoppel, maar sy pa, Gerhard sê sy longfunksie het reeds verbeter. Hy was reeds die week in die teater waar hulle dooie weefsel verwyder het en sal oor twee weke ’n veloorplanting kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief